Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
2,015 Episodes
1340 – 1360

ToekomsVenster: Sy uitnodiging staan vas

God se liefde dring Hom om sy kinders in hul verstikkende omstandighede op te soek. Sonder verwyt nooi Hy terug, roep Hy sodat wie ook al hoor kan weet dat sy of haar konteks nie die laaste woord spreek nie.
7 Oct 2020 6AM 3 min

ToekomsVenster: Wees onselfsugtig

Droom ons nog van ʼn wêreld waarin die Koninkryk van God met krag inbreek en deurbreek of het ons so gewoond geraak aan die gebrokenheid, hartseer en onreg van hierdie wêreld dat ons onsself niks anders kan voorstel nie?
28 Sep 2020 10AM 4 min

ToekomsVenster: God se beloftes

Die beloftes het ʼn duidelike voorwaarde voordat dit toegeëien en ervaar kan word. “As jy” lui telkemale die voorwaardes in.
22 Sep 2020 2PM 4 min

ToekomsVenster: Julle sal veilig voel

God het in Christus Jesus sy lewe gegee sodat hierdie geboorte, die wedergeboorte, kon plaasvind. Sedertdien versorg Hy sy kinders getrou en begelei hulle tot geestelike volwassenheid.
21 Sep 2020 10AM 4 min

ToekomsVenster: Dis hierdie hart Here

Ons harte moet steeds vernuwe word, daaglikse vernuwing, wat kom deur die Heilige Gees en ʼn verbondenheid aan die Woord van die Here.
17 Sep 2020 10AM 3 min
1340 – 1360