Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.
Weekly
Afrikaans South AfricaBusinessAuthored by Jacques Basson
Kom luister saam as ons terugkyk na een van ons gewildste onderhoude. Dr Kobus Neethling is die president van die Suid-Afrikaanse Kreatiwiteitstigting en ook hoof van die Kobus Neethling Groep wat wêreld kenners op die gebied van kreatiwiteit en heelbreininstrumente is.
2018 staan nou vinnig einde se kant toe en dis vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar Klipkouer-hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters - ek wens julle almal ‘n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2019 toe!
Willem van der Merwe is die Besturende Direkteur van Africa Biomass Company (ABC) en algehele wenner van Sanlam se 2017 Entrepreneur van die Jaar. Hy het ‘n innoverende oplossing gevind om ou boorde, wingerde, windlanings, saagmeulafval en selfs indringer bome te verwerk, met 'n groot positiewe impak op vrugteplase en…
Roelien von Molendorff is die hoof van Innovasie by Heineken Suid-Afrika en bestuur beide die Miller- en Soweto Gold-handelsmerke, en deel ook met innovasie- en klassieke bemarkingspligte.
Ek was vir 'n slag bietjie aan die ander kant van die mikrofoon saam met Gareth Cliff - hy het met my oor die ontstaan van Klipkouers gesels: my hele filosofie rondom besigheid en entrepreneurskap, hoekom ek die Klipkouers-potgooi geloods het, hoe dit alles saamsmelt, asook 'n paar lekker staaltjies…
In 2011 het Arno Smit FundedByMe begin as 'n hobby projek. Hy vertel hoe hierdie unieke equity crowdfunding platform, beleggers en entrpreneurs konnek vir bevondsing geleenthede. En met plofbare wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend.
Christine Geldart is die eienaar van Marven Equipment, 'n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die "Kings Of Customization". Hulle skep allerhande mobiele gereedskaphouers volgens die klient se persoonlike behooftes. Hulle is trots op die feit dat hulle 'n eenstopwinkel kan wees vir enigiets van mobiele werkswinkeloplossings tot brandblussers en…
Jasper Cloete is 'n man van talle talente met 'n betrokkenheid by 'n verskeidenheid sakegeleenthede. Van die familieondernemings, Eagles Nest Gastehuis en Konferensie sentrum in Fourways en Neo Life met netwerke regoor Afrika, tot die Generational Inheritance Group (GIG). Hy het die GIG gestig met die beweging dat families bemagtig…
Ernest North is die stigter van Naked Insure - Insurance. Onder andere beskik hierdie besigheidsmodel oor motor versekering wat gebou is op kunsmatige intelligensie. Hy vertel ons meer.
Hans Drommedaris het 'n musiekskool in Pretoria, begin in 2013. Hy is 'n professionêle musikant -sanger- en vermaaklikheids kunstenaar wat uit sy musiek spanbou dae met behulp van dromme en pvc pype- aanbied. Kom luister hoe hierdie veelsydige musikant byval vind by groot en klein.
Ivan Herselman is 'n prokureur by Argumentum. Hulle unieke waarde as prokureurs en advokate wat saamwerk onder een dak, is dat hul 'n baie sterk projek bestuur fokus het, maak koste beramings vooruit vir kliente sodat hul ingeligde besluite neem en hulle werk 99.9% papierloos. 'n Regsfirma met 'n verskil.
Dr Dirk Koekemoer is 'n mediese dokter en entrepreneur. Hy is die stigter van die pharmaseutiese maatskappy eMoyo en het die patent op Kuduwave. Tegnologie wat gehoor kan toets selfs al sit jy onder 'n boom. Sy passie is om bekostigbare gesondheidsorg aan Suid-Afrikaners te verskaf. Kom ons luister na…
BizSkills fokus op bekostigbare deurlopende professionele ontwikkeling van opvoeders in Suid Afrika. Alle kursusse is geakkrediteer deur die Suid Afrikaanse Raad van Opvoeders (SACE) en BizSkills ondersteun skole om jaarlikse CPD punte van opvoeders te bereik. Meer as 1,500 opvoeders het reeds baat gevind by die program. Kursusse sluit in…
Gideon Galloway stigter van King Price Insurance, wou 'n berg skuif. Om die monopolie van die versekerings wêreld in Suid-Afrika aan te vat, sit nie in enige ou se mondering nie. Om 43 nee's te kry vir jou idee laat die gemiddelde ou ook nie aanhou probeer nie. Hierdie ou…
Mufasa Biltong het 'n leeu-moed sweep slag. Dit is 'n biltong groep in Perth. Met 7 winkels en 'n fabriek het hierdie familie besigheid vernuf getoon in 'n vreemde land. Marinus Du Plooy is saam met sy pa en die res van die familie in Perth, en deel met ons…
Jak De Priester, liedjieskrywer - entrepreneur - digter-blogger - televisiepersoonlikheid - sanger te veel koppeltekens. Saam met hierdie ou wil jy die lewe doen. Ons gesels oor die besigheid van vermaaklikheidskunstenaar en hoe so 'n tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.
Adrie het 'n passie om klein en medium besighede in te lig rondom arbeidsake. Sy het 'n handleiding hieroor geskryf saam met Quintin Davies, met die titel Understanding SA Labour Law, en lig besighede landwyd in. Met 22 jaar se nasionale en internasionale ondervinding rondom arbeidsake kom vertel sy Klipkouers…
SaveTNet is ‘n Nie Winsgewende Maatskappy wat beoog om lewens te red deur bewustheid te skep onder ouers en die jeug oor verantwoordelike aanlyn interaksie deur die ondersteuning van globale partye wat betrokke is. Ongelukkig vind ons nie net meer boelies op die speelgrond nie, maar hulle speel ook nou…
Chrisna van Rensburg is die oudste van 6 kinders en kom uit ‘n predikantshuis. Sy het in Mariental in die ou Suidwes-Afrika grootgeword. Haar passie vir boeke en Afrikaanse literatuur is aangesteek as klein dogtertjie by in haar Pa se biblioteek. Kakkerlak aanlyn boekwinkel is die grootste Afrikaanse boekwinkel in…
Sy het grootgeword in Johannesburg, was van jongs af aangemoedig om te begroot, te spaar en so veel as moontlik te lees. Met haar pa as mentor en rolmodel is sy bekendgestel aan mense soos Warren Buffet en Benjamin Graham. Sy het aktuariële wetenskap gestudeer. As CFA het sy as…
8 Aug 2018
1 hr 01 min
32 – 52
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.