Behoorlike behuising is ʼn uitdaging vir talle veterane en daarom het die VAF huise in Klerksdorp, Roodepoort en Krugersdorp waar veterane kan woon teen ʼn lae bedrag vir huur. Elizabeth Bouwer, stigter van die VAF, en voorsitter kol. Luke Enslin, het in Maroela Media se ateljee gesels.
Toe Nicoleen Thirion (52) vyf jaar gelede met borskanker gediagnoseer is, het haar lewe vir ʼn oomblik byna stilgestaan. As iemand met geen ervaring van dié lewensveranderende siekte nie, het talle verdoemende scenario’s in haar kop begin afspeel. Sy het egter vinnig besluit om dit nie as ʼn doodsvonnis te…
“Ag, ek praat nie sommer meer oor dáárdie dae nie. Ek dink dis al lankal verby en mense het aanbeweeg. Ek kon gaan lê het, maar my wonde het my gemaak wie ek is. Vir my gaan my liedjie juis ook daaroor om te leer uit jou foute en jou…
Terwyl Danny in ʼn klein vertrek in sy huis oor sy troudag geskryf het, het hy nie gedink dit sou soveel vreugde en emosies by ander getroude paartjies of aanstaandes op sosiale media ontketen nie.
“Ek is hierdie jaar deur baie dinge. Ek het my loopbaan weer aan die gang gekry en is deur ʼn egskeiding, so ek is nou meer as ooit vantevore dankbaar vir my sirkel van mense.”
Die HelpHetta-projek van Helpende Hand verhoed dat meisies tot 55 skooldae per jaar mis en verseker so toegang tot onderwys en drome wat bewaarheid word. Danelle du Plessis, projekorganiseerder van HelpHetta, verduidelik van die nuwe mikpunt vir HelpHetta wat jy kan ondersteun.
In die tweede episode van Maroela Media se proteïen-podsendingreeks delf ons dieper in die wêreld van proteïenpoeiers en gesels met Chanel Vogl, eienaar van Ovo Protein – ʼn unieke eierwitproteïenpoeier.
Elke kind verdien om die eerste dag van die skooljaar met trots te begin, en jy kan dit help moontlik maak. Juffrou Nita Gerber Heyns het die waarde van ʼn skooltas en skryfbehoeftes benadruk en wyse raad met ouers van kinders in die grondslagfase gedeel.
In Maroela Media se jongste episode in ons podsendingreeks oor diabetes, werp Chanelle Retief, ʼn dieetkundige, en dr. Marlé van der Merwe, ʼn algemene praktisyn, lig op wat presies GLP-1 is en hoe dit gebruik kan word.
In die eerste episode gesels ons met Chanelle Retief, ʼn dieetkundige en eienaar van die dieetkundige praktyk NutriFundi, oor die boustene van proteïene en of dit werklik nodig is om in ál jou maaltye in te werk.
Dié voormalige onderwyseres vertel hoe ʼn baksel beskuit haar lewe onherroeplik verander het en bewys het familie, tradisie en ʼn skeppende hand kan die resep vir sukses wees.
18 Sep 2025
13 min
60 – 80
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.