Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,235 Episodes
1080 – 1100

2-jarige ken hele Proteaspan – Phehlukwayo en al!

Aussie-krieketkommentators soos Brendan Julian en Adam Gilchrist het hulle in vorige eendagreekse boeglam gesukkel om die Proteas se ster veelsydige speler, Andile Phehlukwayo, se naam korrek uit te spreek. Maar met net ’n vinnige, “ek-soek-’n-wenk“-versoek, laat die tweejarige Albert Kruger vir Gilchrist en Kie bloos. Want hierdie mannetjie kén sy…
30 May 2019 1 min

Eerste op Maroela: Dewald se nuwe musiekvideo

Dewald Wasserfall vertel hy het aan die album geskryf toe daar beurtkrag was en het een dag ʼn halwe dag se werk verloor toe hy nie die stoor-knoppie gedruk het nie. Die inspirasie vir die titelsnit, “Elektrisiteit”, is hieruit gebore.
30 May 2019 10 min

Die geheime van Namakwaland

Namakwaland lê vol ongelooflike geheime. Nie net in die natuur nie, maar ook in die mense. Dit is ʼn gebied met soveel stories, soveel nostalgie en soveel kleurvolle mense! Luister na die gesprek wat Egbert Brink van Radio Namakwaland gevoer het met Mike Spies, eienaar sowel as die toergids van…
10 May 2019 8 min

Luister: Germandt sing soos ʼn kanarie

Germandt Geldenhuys vertel oor sy rolle in 'Binnelanders' en 'Kanarie', sy toneelstuk 'Keelvol', sy vriendskap met sy medester en beste vriendin, Je-Ani Swiegelaar, én sy florerende sangloopbaan.
25 Apr 2019 13 min

Finansiële welstand: Jou denkpatrone oor finansies

Ronel Jooste gesels vandag met Esté Meyer Jansen van Maroela Media oor bykomende inkomstebronne en hoe ʼn mens dit kan skep. Sy bespreek ook ʼn paar van die strategieë wat ʼn mens kan gebruik om finansiële vryheid te verkry.
24 Apr 2019 9 min

Finansiële welstand: ʼn Paar beginsels van beleggings

Ronel Jooste, ʼn finansiële welstandafrigter, verduidelik wat jy moet weet van elkeen van die verskillende soorte beleggings wat ʼn mens moet kry. Sy gee ook ʼn paar van die voordele en verduidelik waarna jy moet uitkyk as jy in kontant, eiendomme, effektetrust en aandele belê.
24 Apr 2019 9 min
1080 – 1100