Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,460 Episodes
80 – 100

Sanlam het 'n blou Donderdag

Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels onder meer oor die hoër olieprys en Sanlam se handelsverklaring.
5 Mar 10AM 6 min

Dooie katte bons

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, deel sy insigte oor die markte se reaksie op die konflik in die Midde-Ooste.
4 Mar 11AM 4 min

Die Woolies-skip het gedraai

Woolworths het vandag tussentydse resultate bekendgemaak. Die omset het met 5% gestyg, terwyl die wesensverdienste met 8,4% toegeneem het. Die uitvoerende hoof, Roy Bagattini, bespreek die resultate.
4 Mar 11AM 12 min

Sement is Cashbuild se trekpleister

Die kleinhandelaar Casbuild het vandag winssyfers vir die ses maande tot einde Desember bekendgemaak. Die omset het met 3% gestyg, terwyl die wins met 16% toegeneem het. Hanré Bester, die finansiële hoof, gesels oor die resultate.
4 Mar 11AM 6 min

Midde Ooste-konflik sorg dat die bloed op die markte loop

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, deel haar insigte oor die markte se reaksie op die konflik in die Midde-Ooste, kommoditeite wat onder geweldige druk verkeer, asook Nedbank se finansiële resultate.
3 Mar 11AM 8 min

Markte senuweeagtig oor Iran

Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital, deel sy mening oor die Iran‑konflik, die swakker wisselkoers, die beweging van die goudprys en die rekordresultate van die JSE.
2 Mar 10AM 8 min
80 – 100