Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,189 Episodes
1 – 20

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Andries Nel, direkteur van welvaartbestuur en adviesdienste by Kruger Internasionaal, en Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, beantwoord vrae wat luisteraars se sakke raak.
16 Jan 10AM 19 min

Banke word vir kartelgedrag bekyk

Ahmore Burger-Smidt, hoof van regulatoriese sake en direkteur van mededinging by Werksmans Prokureurs, gesels oor die Mededingingskommissie se ondersoek na moontlike kartelgedrag deur banke.
16 Jan 10AM 13 min

Nog ’n Steinhoff-hoë gaan tronk toe

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, gesels oor die plaaslike beurs se goeie begin van die jaar, die sterker rand, en Iwan Schelbert se tronkstraf na die Steinhoff-saga.
16 Jan 10AM 5 min

Capitec hou net aan

Omri Thomas, direkteur by Abax Beleggings, gesels oor die 52-week-hoogte- en laagtepunte op die JSE, asook Richemont se handelsverslag.
15 Jan 11AM 8 min

BAT sluit sy enigste fabriek in SA oor onwettige sigarette

British American Tobacco het vandag aangekondig dat dit sy 50 jaar oue fabriek in Gauteng gaan sluit. Johnny Moloto, hoof van korporatiewe en regulatoriese sake by BAT Sub-Sahara-Afrika, verduidelik hoekom hulle die fabriek sluit.
15 Jan 11AM 12 min

Goud het ’n silwer randjie

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, bespreek kommoditeitspryse, die VSA se handelstariewe, die olieprys en Sasol se aandeelprys.
14 Jan 10AM 6 min

Dit gaan geil

Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor kommoditeite, staatseffekte, Donald Trump se aankondiging oor lande wat sake doen met Iran en Sasol se aandeelprys.
13 Jan 10AM 9 min
1 – 20