Azille Coetzee praat met Kabous Meiring

--:--
Kabous Meiring is dokumentêre filmregisseur, meningsvormer, en televisieaanbieder, onder meer. Verskillende mense rondom die tafel gaan sit om moeilike gesprekke te hê, of van Mega boere, ’n televisieprogram waarin sy deur die land reis om met boere te gesels oor die uitdagings van ons tye. Kabous is bekend om reguit praat, maar ook om haar vermoë om met mense te connect en hul stories die lig te laat sien. Azille Coetzee praat vandag met Kabous oor die borrels waarin ons leef, die woke-kultuur, plaasmoorde, Black Lives Matter en Afrikanerskap.
9 Dec 2020 Afrikaans South Africa Documentary · Philosophy

Other recent episodes

Azille Coetzee praat met Chase Rhys

Chase Rhys is ’n dramaturg, skrywer en performance-kunstenaar. Vir sy debuut-toneelstuk Kinnes, ’n verhaal oor jong mense van die Kaapse Vlakte, word hy vereer met die Adam en Rosalie Small-prys in 2017. Kinnes is sedertdien as roman uitgegee en bekroon met die kykNET-Rapport-prys sowel as die Suid-Afrikaanse Letterkundeprys. Chase is…
16 Dec 2020 48 min

Azille Coetzee praat met Dana Snyman

Dana Snyman is ’n geliefde en bekroonde skrywer, joernalis en dramaturg. Hy is ’n reisiger en storieverteller. Hy staan bekend vir die deernis waarmee hy mense en hul verhale uitbeeld, sy vermoë om die besondersheid en vreemdheid van die alledaagse te laat sien, en die eerlikheid waarmee hy sy eie…
2 Dec 2020 43 min

Azille Coetzee praat met Mercy Kannemeyer

Mercy Kannemeyer is teatermaker, regisseur, en skrywer. Sy is in 2017 deur die Afrikaanse Taalraad vereer met ? Kokerprys vir haar dokumentêr, Die ander kant, waarin sy vra wat ons kan verloor as Afrikaans as onderrigtaal by Stellenbosch Universiteit afgeskaf word. Sy word gereken as een van Afrikaans se opwindendste…
25 Nov 2020 48 min

Azille Coetzee praat met Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal

Ronelda Kamfer is die bekroonde skrywer van vier digbundels, wat in verskeie tale vertaal is, en Nathan Trantraal is ’n comic-boekkunstenaar, rubriekskrywer, draaiboekskrywer en digter. Hy het al ’n paar grafiese romans geskryf en drie bekroonde digbundels. Hulle is getroud en tussen hulle het hulle al die meeste van die…
18 Nov 2020 48 min

Azille Coetzee praat met Marita van der Vyver

Marita van der Vyver is een van ons mees geliefde Afrikaanse skrywers wat in 1992 nasionaal én internasionaal opspraak gemaak het met haar roman Griet skryf ’n sprokie. In Griet skryf Marita openlik oor seks, en plaas sy vroulike begeerte in die middel van die storie, iets wat daardie tyd…
11 Nov 2020 25 min