100.5FM Dagblad Potgooi

--:--
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het 'n sy nuwe gratis en aanlyn lees-en-luisterbiblioteek bekend gestel.
Die projek is van stapel gestuur na aanleiding van gesprekke met onderwysers oor leerders se gebrekkige leesvermoëns, en onrusbarende statistiek oor die afname van leesvaardighede onder eerstejaarstudente – alles tekens dat jongmense se blootstelling aan die Afrikaanse skrifbeeld aan die kwyn is.

Die biblioteek is van nuuts af deur VivA geskep en gratis beskikbaar. Op die oomblik het ons die tekste in twee ingedeel: een groep vir jong lesers, en ʼn ander vir volwasse lesers. Elke groep tekste is in vaardigheidsvlakke ingedeel, van heel beginners waar die klank by elke woord gepas word, tot romans wat net voorgelees word. Die belangrike eienskap van die tekste in die biblioteek, is dat die klank- en skrifbeeld saam aangebied word. ʼn Gebruiker wat na die teks luister, sien dus ook terselfdertyd die skrifbeeld, en die verband tussen klank en spelling word duidelik gemaak.
6 Nov 2020 Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

Straatdebat: Hoe het jy Innibos ervaar?

Innibos is vir die eerste keer sedert 2019 weer die naweek aangebied en dit was 'n dawerende sukses. 100.5FM het vir die drie dae regstreeks uitgesaai vanaf die fees en Denise het by hulle uit gaan vind wat hul indrukke was van dié grootse fees.
4 Jul 2023 5 min

Straatdebat: Goue oues

Watter liedjie sal vir jou altyd lewendig bly? Amanda gaan vind uit wat luisteraars as hul Goue Oues beskou.
27 Jun 2023 6 min

Musiekdebat: Lila Swift

Lila Swift, 'n boorling van die Laeveld, het onlangs haar eerste enkelsnit en musiekvideo vrygestel. Sy gesels met Amanda oor liedjies skryf, hoekom Taylor Swift haar inspireer en hoe sy "stage fright" hanteer.
22 Jun 2023 5 min