100.5FM Dagblad Potgooi

--:--
Onwettige grondbesetting wek kommer en skep konflik, Dr Pieter Groenewald, VF Plus leier verduidelik waar die probleem vandaan kom.

"Grond eienaars se regte moet beskerm word, want as ons nie gaan omgee dat grond onwettig bekom word nie, gaan dit wetteloosheid en groot konflik veroorsaak tussen gemeenskappe,"

Grond eienaars wil hulle grond beskerm teen onwettige grondbesetters.

Hoe kan die regering dit maak werk dat daar genoeg grond beskikbaar is vir almal?

Groenewald verduidelik dat daar nou al beplanning gemaak moet word weens die verstedeliking wat plaasvind, maar hy sê omdat die regering nie omgee en die prosedure volg om die stad op die regte manier uit te brei nie, begin daar meer en meer onwettige grondbesetting plaas te vind.

Groenewald verduidelik dat dit net kan gebeur as daar bevoegde persone aangestel word, nie deur regstellende aksie nie maar deur meriete.

Hy haal president Cyril Rhamaphosa aan wat sê dat niemand die reg het om onwettig grond te beset nie en dat die regering dit nie sal toelaat nie.

"As die president dit sê moet hy dit doen,"

Hy sê dat korrupsie op grootskaal gebeur wanneer dit by grond hervorming kom.
4 Nov 2020 Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

Straatdebat: Hoe het jy Innibos ervaar?

Innibos is vir die eerste keer sedert 2019 weer die naweek aangebied en dit was 'n dawerende sukses. 100.5FM het vir die drie dae regstreeks uitgesaai vanaf die fees en Denise het by hulle uit gaan vind wat hul indrukke was van dié grootse fees.
4 Jul 2023 5 min

Straatdebat: Goue oues

Watter liedjie sal vir jou altyd lewendig bly? Amanda gaan vind uit wat luisteraars as hul Goue Oues beskou.
27 Jun 2023 6 min

Musiekdebat: Lila Swift

Lila Swift, 'n boorling van die Laeveld, het onlangs haar eerste enkelsnit en musiekvideo vrygestel. Sy gesels met Amanda oor liedjies skryf, hoekom Taylor Swift haar inspireer en hoe sy "stage fright" hanteer.
22 Jun 2023 5 min