Max du Preez praat Vrye Weekblad, aanlynjoernalistiek en SA se wilde politiek

Max du Preez, redakteur van Vrye Weekblad, kyk terug op 2019, die jaar waarin hierdie bekende publikasie weer die lig gesien het as ‘n aanlyn-koerant. Hy beskryf wat hy geleer het van hierdie nuwe medium, vertel van Vrye Weekblad se hedendaagse lesers, en kyk na die land se politiek voor ons ten volle in 2020 invaar.