Landbounuus-podcast: Jongboere skenk voer aan Griekwastad boere

--:--
'n Groep jongboere van die Douglas-distrik in die Noord-Kaap reik uit na boere deur middel van voerskenkings in die Griekwastad-distrik, om aan hulle moed te gee. Dit is volgens 'n organiseerder van die insiatief, Henry du Toit, wat sowat 40 jongboere in die Douglas-besproeiingsgebied byeengebring het om hulp aan boere in hul buurdistrik te verleen. Du Toit sê die skenkings in die vorm van geld, diesel, trekkers en balers asook die deurlopende aflewering van vragte met bale mieliereste, word gedoen omdat boere in die Douglas-gebied in 'n posisie is om dit te doen.
10 Jul 2019 11AM English South Africa News · Business

Other recent episodes