Landbounuus-podcast: Afrika-varkpesvirus veldtog van stapel gestuur

--:--
Die nasionale departement van landbou het reeds begin met 'n veldtog om varkprodusente, asook gemeenskappe in die Vrystaat en Noordwes, bewus te maak van die Afrika-varkpesvirus (AVPV). Dit kom nadat beheermaatreëls reeds in plek is ná die uitbreking van dié virus in dié provinsies. Die direkteur van veeartsenykundige dienste by die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Kristan Mojapelo, sê dié virus het aanvanklik op 'n plaas by Heilbron uitgebreek en daar is ook 'n uitbreking by Koppies aangemeld. Dit kom nadat die dodelike virus onder varke in Noordwes, Gauteng en Mpumalanga aangemeld is. Mojapelo sê die veldtog het ten doel om varkboere en gemeenskappe oor dié virus in te lig.
4 Jul 2019 5AM English South Africa News · Business

Other recent episodes