Sabie is vanjaar 100 jaar oud. Vanaf Saterdag vier hulle vir 'n week dié mylpaal met die Forest Festival. Die organiseerder, Denzil Lawrie, vertel meer.
Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.
Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.
Hannes de Wit het 'n heel nuwe konsep aan die Laeveld bekendgestel met Agter Speen: Ysies met skop. Hy vertel van die pad wat hy gestap het met 'n splinternuwe onderneming.
Die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika verwag 'n sterk uitvoerseisoen, met 'n geprojekteerde sewe-persent toename in suurlemoenuitvoere, wat 'n verdubbeling is sedert 2016. Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, sê hulle gaan binne ‘n maand met die EU, die grootste uitvoermark, konsulteer oor nuwe eise wat hulle stel oor "false…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.