Manna vir Boere voer bereik bestemmings

--:--
Die konvooi van 20 vragmotors voer vir droogteteisterde boere in die Oos- en Noord-Kaap het by hul bestemmings op Aberdeen en Strydenburg aangekom. Stigter van die Caring Daisies, Anria van Heerden, verduidelik die konvooi het verlede Vrydag in Pretoria weggetrek en het gister hul vrag afgelaai. 'n Dankiesê kerkdiens is ook gehou voor die bestuurders weer in die pad geval het. Van Heerden sê die Manna Vir Die Boere projek is al 'n dekade lank aan die gang, maar toekomstige uitreike is onseker weens 'n gebrek aan befondsing.
16 Dec 2018 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Politieke ontleder deel mening oor Bloemfontein grondbesetting

'n Grondbesetting het vanaf Vrydagaand, 1 Maart 2024 in Bloemfontein plaasgevind en gelei tot groot areas wat langs die R706, van Lourierpark tot Pellissier, wat tans onwettig bewoon word. OFM se Dane Beisheim het met politieke ontleder en kommentator Prof. Andé Duvenhage gesels oor die politieke implikasies hiervan.
6 Mar 9AM 5 min