NW LUR vir paaie afgedank

Loading player...
Premier Supra Mahumapelo het sy LUR vir paaie en vervoer, Madoda Sambatha, afgedank.

Sambatha is die provinsiale sekretaris van die SAKP en steun adjunkpresident Cyril Ramaphosa openlik as opvolger vir President Jacob Zuma. Die ANC in die provinsie het reeds sy steun toegesê aan die voormalige voorsitter van die Afrika Unie-kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma as opvolger vir Zuma.

Mahumapelo se woordvoerder, Brian Setswambung, ontken dat die afdanking deel vorm van ‘n provinsiale kabinetskommeling. Hy sê ‘n opvolger vir Sambatha is nog nie aangekondig nie.

Volgens die amptelike verklaring is die redes vir Sambatha se afdanking gister met hom bespreek en word in ‘n geskrewe dokument, wat aan hom oorhandig is, vervat.
2 Jun 2017 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Second suspect arrested in Welkom kidnapping case

A 37-year-old man has been arrested in connection with an alleged kidnapping and extortion case in Welkom. He is accused of impersonating a police official and is expected to appear in court alongside the first suspect.
5 Oct 5AM 1 min