
Poppie-moord: Stiefpa probeer selfmoord pleeg
Loading player...
Kobus Koekemoer, wat glo sy driejarige stiefdogter, Poppie op ’n plaas naby Mamogaleskraal buite Brits doodgeskop het, het probeer selfmoord pleeg terwyl hy in aanhouding was. Noordwes-polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê Koekemoer is verlede week Donderdag in die hospitaal opgeneem nadat hy sy polse met 'n lemmetjie gesny het. Hy sou vandag, saam met sy vrou, Louisa, in die Brits-landdroshof verskyn het om opnuut vir borgtog aansoek te doen. Albei is reeds vroeër borgtog geweier. Makau sê Koekemoer is in 'n stabiele toestand, en ontvang berading in die hospitaal.
Makau sê dit is nog onseker of Koekemoer wel in die hof gaan verskyn, want hy is nog in die hospitaal. Poppie het op die hoewe saam met Kobus, haar ma, en haar boetie gewoon.
Makau sê dit is nog onseker of Koekemoer wel in die hof gaan verskyn, want hy is nog in die hospitaal. Poppie het op die hoewe saam met Kobus, haar ma, en haar boetie gewoon.