PIETER DU PREEZ - VUURVAS ONDERHOUD

--:--
Pieter du Preez is 'n Suid-Afrikaanse Paralimpiese- en Ironman Driekamp atleet. Pieter verteenwoordig Suid-Afrika in die 2012 Londen Paralimpiese spele en ding mee in die 100 meter T51 afdeling. Pieter is 'n C6 kwadrupleeg, wat beteken dat hy net sy kop, skouers en arms kan beweeg. Op 6 Oktober 2003 is Pieter as 23-jarige driekamp atleet in ‘n fratsongeluk getref deur 'n voertuig terwyl hy fietsgery het. Du Preez het nou 'n beperkte boonste ledemaat beweging en geen vinger beweging, beperkte bo-arm beweging en is verlam van die bors af. Pieter was die eerste Suid-Afrikaner en eerste kwadrupleeg in die wêreld om op 8 Desember 2013 in Busselton, Wes-Australië die uitmergelende Ironman uitdaging te voltooi en geskiedenis te maak; deur die volle 226km in 13 uur en 24 minute kaf te draf! Dit is byna vier uur onder die streng afsnytyd. Sedertdien het Pieter oftewel “Supapiet” ‘n 5de Berlyn marathon wen in n ry (slegs 4weke na my femur operasie) op sy CV, n course rekord in die marathon in Japan en sy 4de Ironman waar hy in die swem en die eerste 90km lap op die fiets iets reggekry het watgeen mens kon dink! Du Preez het dubbele goue medaljes in die tydtoets en padwedloop In die H1 klas by die Para-Fietsry-wêreldkampioenskap in 2015 behaal en die seisoen as No.1 op die wêreldranglys geeindig. In rolstoel kompetisie, het die 35-jarige die 10000 meter T51 wêreldrekord en stel nuwe Afrikaanse rekords in die 200, 1500 en 10000 meter. Hy is die 2015 Wêreldbeker No.1 by 800, 1500, 5000 en 10000 meter. Pieter is benoem vir die Laureus Wêreld Sportman van die Jaar met 'n gestremdheid toekenning, na aanleiding van sy uitstaande prestasies in 2015.
Pieter du Preez is 'n aktuariële ontleder by Deloitte in Johannesburg,hy is man vir Ilse en word binnekort pa van ‘n wonderwerk babatjie waarvoor hy en Ilse 6-jaar gewag, vertrou en gebid het.
20 Dec 2016 English South Africa TV & Film

Other recent episodes

Gerald and Retired NASA Astronaut Nicole Stott

Retired NASA Astronaut Nicole Stott is a woman who spent more than 100 days in space and worked on the international Space Station. Gerald catches up with her about some of her out of this world experiences
18 May 2023 15 min