
Nkandla-uitspraak: Zuma, Nasionale Vergadering het Grondwet geskend
Loading player...
Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê president Jacob Zuma en die Nasionale Vergadering het die Grondwet geskend toe hulle versuim het om die bevindings van die Openbare Beskermer, soos uiteengesit in haar Nkandla-verslag, toe te pas. Mogoeng het namens 'n volbank van 11 regters uitspraak in die grondwethof gelewer oor die magte van die Openbare Beskermer en of Zuma en die parlement die Grondwet in die Nkandla-sage oortree het. Hy sê daar is eenparig bevind dat Thuli Madonbsela se bevindings teen Zuma bindend is en dat sy nie ondermyn mag word nie. Hy het verder bevind dat die parlement ernstig na Madonsela se verslag moes gekyk het.

