Soektog na Sylvester die leeu, wat wéér uit Karoo-park ontsnap het, hervat

Loading player...
Die soektog na Sylvester die leeu, wat 'n tweede keer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, het vanoggend hervat.

Die driejarige leeu het in Junie verlede jaar bekendheid verwerf toe hy uit die wildtuin in die omgewing van Beaufort-Wes ontsnap en vir 24 dae rondgeloop het voor hy weer gevang is. Hy het in daardie tydperk 26 skape en 'n kudu doodgemaak.

Fayroush Ludick, 'n woordvoerder van SANParke, sê 'n elektroniese halsband om Sylvester se nek het aangedui dat hy sowat 20 kilometer noordwes van die wildtuin is.

Hy sê die leeu het weer deur 'n opening in die heining ontsnap.

Sylvester het destyds ontsnap nadat baie water veroorsaak het dat ’n gat onder die heining aan die westelike deel van die park gevorm is.
29 Mar 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

RE-Think your drink

OFM News, in touch with your world. Covering local and national news focusing on the Free State, Northern Cape, North West and the Vaal. See more: https://www.ofm.co.za/News
27 Nov 6AM 1 min

Bloemfontein VUKA Arts Festival returns after 22 years

The VUKA Arts Festival returns to Bloemfontein with eight days of music, theatre, comedy and crafts, aiming to revive the festival's legacy while creating opportunities for local artists and contributing to the creative economy.
26 Nov 8AM 10 min

Kay Fourie Voorsitter

OFM News, in touch with your world. Covering local and national news focusing on the Free State, Northern Cape, North West and the Vaal. See more: https://www.ofm.co.za/News
26 Nov 8AM 2 min