VS gesondheidsdepartement ondersoek voedselvergiftiging by Aldam-oord

Loading player...
Beamptes van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat ondersoek die voorval waarin meer as 80 mense gister vermoedelik voedselvergiftiging by die Aldam-oord naby Ventersburg opgedoen het. Provinsiale woordvoerder van gesondheid, Mondli Mvambi, sê 85 mense wat deel was van ‘n groep wat aan ‘n Love Life spanbousessie deelgeneem het, het gisteraand sleg begin voel na aandete. Hy sê van die mense het ook gebraak. Altesaam 17 mense is na die Bongani- en Katleho-hospitale geneem. Mvambi sê twee mense wie se toestand meer ernstig was, word in die Winburg-hospitaal behandel. Sowat 66 mense is deur dr. Fabian Muller van die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein, in samewerking met paramedici, by die oord behandel. Hy sê omgewingsgesondheidspanne ondersoek die oorsaak.

Mvambi kon vanoggend die nuuste terugvoer gee oor die pasiënte se welstand nie. Hy het egter gesê die uitslae vanaf die laboratorium sal teen vanmiddag bekend wees.
8 Mar 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min