Spioenasiebandesaak: McCarthy het die NVG as politieke instrument gebruik

Loading player...
Die regsverteenwoordiger vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die spioenasiebandesaak voer aan dat Leonard McCarthy - voormalige hoof van die Skerpioene - die NVG as 'n politieke instrument wou gebruik vir sy eie agenda.

Die DA se hersieningsaansoek oor die NVG se besluit om korrupsie-aanklagte teen president Jacob Zuma te laat vaar, word vir 'n tweede dag in die Pretoriase Hoggeregshof voortgesit.

Advokaat Hilton Epstein het 'n beëdigde verklaring van die voormalige hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Willie Hofmeyr aan die hof voorgelees. Hofmeyr get aangevoer dat McCarthy gesê dis hul plig om oudpresident Thabo Mbeki te ondersteun deur die vervolging van Zuma te manipuleer.

Epstein hou vol dat die diskresie om Zuma te vervolg was die voormalige NVG-hoof, Bulelani Ngcuka s'n.

Die DA dring daarop aan dat 783 klagtes teen Zuma weer ingestel moet word.
2 Mar 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

NPA spokesperson

NPA spokesperson on the case of the 14 Vanderbijlpark learners who died when their scholar transport taxi collided with a truck will be laid to rest on Saturday (24/1) in the Vaal.
24 Jan 5AM 1 min

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min