Nog onbekend of Puk-student aan breinvliesontsteking oorlede is

Loading player...
Dit is nog nie bekend of 'n derdejaar student aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, wat simptome van breinvliesontsteking getoon het, wel aan díe siekte oorlede is nie.

Nicola Badenhorst, 'n BSc-student van Vergeet-my-Nie dameskoshuis, is Sondagoggend in die plaaslike Mediclinic oorlede.

Kampuswoordvoerder Kiewiet Scheppel sê Badenhorst het Saterdagmiddag begin sleg voel, waarna die kampusnooddienste na haar koshuis ontbied is. Sy is deur nooddienspersoneel gestabiliseer voordat sy na die hospitaal geneem is. Badenhorst is egter omstreeks 04:30 gisteroggend oorlede.

Scheppel sê terwyl die uitslag van haar bloedtoetse nog nie bekend is nie, het die kampus verskeie voorsorgmaatreëls reeds in plek gestel.

Sodra die mediese uitslae ontvang is, sal verdere kommunikasie uitgereik word.
29 Feb 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

NPA spokesperson

NPA spokesperson on the case of the 14 Vanderbijlpark learners who died when their scholar transport taxi collided with a truck will be laid to rest on Saturday (24/1) in the Vaal.
24 Jan 5AM 1 min

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min