NWU se Mafikeng-kampus kalm vanoggend

Loading player...
Die situasie by die Noordwes Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus is kalm vanoggend nadat geweld gister tussen studente en veiligheidsbeamptes uitgebreek het.
Woordvoerder van die kampus, Koos Degenaar, sê twee geboue waaronder die administratiewe gebou is in brande beskadig. 'n Voertuig en 'n motorfiets is ook aan die brand gesteek.

Hy sê die brandweer het gisteraand gespook om die vlamme te blus. Volgens Degenaar het die administratiewe gebou gedeeltelik afgebrand. Hy sê die omvang van die skade kan nog nie bepaal word nie, maar dit beloop miljoene.

Degenaar sê beseerdes is behandel en daar is geen bevestiging dat 'n studente dood nie.

Die onrus op kampus het gisteroggend begin toe 'n groep ontevrede studente die inhuldiging van die nuwe studenteraad ontwrig het. Die vorige studenteraad is ontbind nadat nege lede glo deel was van die voortgesette betogings op kampus.

Polisiewoordvoerder Leonard Hlathi sê die polisie het nie rubberkoeëls en traangras gebruik nie. Studente is voor die polisie op die toneel was beseer.
25 Feb 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

NPA spokesperson

NPA spokesperson on the case of the 14 Vanderbijlpark learners who died when their scholar transport taxi collided with a truck will be laid to rest on Saturday (24/1) in the Vaal.
24 Jan 5AM 1 min

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min