Vier gesoek in verband met gewapende roof by Bloemfonteinse koskettingwinkel

Loading player...
Die polisie in Bloemfontein soek na vier rowers in verband met ‘n voorval gisteraand waarin ‘n koskettingwinkel in die middestad beroof is. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die gewapende mans wat geklee was in sekuriteitsuniforms en pette gedra het, het omstreeks 19:00 in die winkel ingestap. Hulle is reguit na ’n kantoor in die winkel waar geld gehou word. Maprope sê die rowers het twee kassiere in die kantoor met vuurwapens aangehou en hulle gedreig om die kluis oop te maak.

Marope sê die booswigte het by ’n deur aan die agterkant van die gebou uitgegaan en met ’n wit dubbelkajuitbakkie met ’n Gautengse nommerplaat op die vlug geslaan.
19 Feb 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

NPA spokesperson

NPA spokesperson on the case of the 14 Vanderbijlpark learners who died when their scholar transport taxi collided with a truck will be laid to rest on Saturday (24/1) in the Vaal.
24 Jan 5AM 1 min

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min