Munisipaliteite in Noordwes sukkel steeds: OG

Loading player...
Die prestasie van munisipaliteite in Noordwes was een van die hoofpunte op die agenda by vandeesweek se Lekgotla wat deur lede van die provisiale Uitvoerende Raad bygewoon is.

Afgevaardigdes het onder meer 'n verslag deur die Ouditeur-Generaal (OG) ontvang wat 'n verbetering in sommige munisipaliteite weerspieël het. Daar is egter steeds verskeie munisipaliteite wat ernstige aandag verg. Die verslag was veral krities oor die gebrek aan vordering in die Tswaing- en Ventersdorp-munisipaliteite.

Volgens plaaslike regeringswoordvoerder, Brian Setswambung het die Noordwes-Universiteit ingestem om sy kundigheid in te span om die provinsiale regering by te staan met betrekking tot sukkelende munisipaliteite.

Die Lekgotla word beskou as 'n voorloper tot die Provinsiale Rede, wat volgende Vrydag in Matlosana deur Premier Supra Mahumapelo gelewer sal word.
19 Feb 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

NPA spokesperson

NPA spokesperson on the case of the 14 Vanderbijlpark learners who died when their scholar transport taxi collided with a truck will be laid to rest on Saturday (24/1) in the Vaal.
24 Jan 5AM 1 min

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min