Aanklagte teen Bloemfonteinse ma en dogter teruggetrek

Loading player...
Aanklagte teen 'n Bloemfonteinse vrou en haar dogter, wat glo saamgesweer het om ‘n vrou te vermoor, is vandag in die plaaslike landdroshof teruggetrek.

Charmaine en Charndrei le Roux het glo hul tuinwerker Jerry Brummer gehuur om Karen Buschow, eienaar van ‘n plaaslike skool, te vermoor nadat Charndrei onder ‘n donker wolk by die skool bedank het. Buschow is in Junie verlede jaar oorval en vermoedelik met ‘n klip aangerand terwyl sy in Dan Pienaar gedraf het.

Aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en sameswering tot moord teen Charmaine en Charndrei is teruggetrek.

Brummer sal egter weer op 15 Maart in die hof verskyn op daardie aanklagte.

Intussen sê die Le Roux-familiewoordvoerder, Anna-Marie van Zyl, dat hulle oorstelp is van vreugde.
18 Feb 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

NPA spokesperson

NPA spokesperson on the case of the 14 Vanderbijlpark learners who died when their scholar transport taxi collided with a truck will be laid to rest on Saturday (24/1) in the Vaal.
24 Jan 5AM 1 min

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min