Interne ondersoek na ontsnapping van verdagtes ingestel

Loading player...
‘n Interne ondersoek is ingestel na die ontsnapping van vier verhoorafwagtende mans wat uit 'n polisievangwa in Brits, Noordwes ontsnap het.

Die polisie is steeds op soek na die mans, wat as gevaarlik beskryf word.

Gontse Lubisi, Gibson Msimango, Chris Sithole en Alfonso Mpofu het in die ry op die N4-snelweg uit die vangwa gespring. Sithole en Mpofu staan saam met twee ander tereg op vier aanklagte van verkragting, een van moord en een van roof.

Polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, sê die moontlikheid dat Lubisi en Msimango betrokke was by ‘n plaasaanval in Noordwes waartydens ‘n bejaarde egpaar vasgebind en gemartel is, word nog ondersoek.
7 Feb 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

NPA spokesperson

NPA spokesperson on the case of the 14 Vanderbijlpark learners who died when their scholar transport taxi collided with a truck will be laid to rest on Saturday (24/1) in the Vaal.
24 Jan 5AM 1 min

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min