Parys-vier skuldig aan sakeman se moord

Loading player...
Vier mans, insluitend 'n pa en sy twee seuns, is vanoggend in die Parys Hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op die plaaslike sakeman, Craig Marx.

Koenraad van Aswegen Sr., sy seuns Koenraad Jr. en Nickolai, sowel as hul vriend David Kuyler is ook aan roof met verswarende omstandighde skuldig bevind. Marx is op 9 Desember 2014 vermoor.

Die hof het vanoggend bevind dat nie een van die beskuldigdes oopkaarte gespeel het nie, aangesien daar 'n halfdosyn verskillende weergawes van die gebeure op die betrokke dag was.

Die hof het verder Koenraad Jr. se verweer dat Marx se dood weens versmoring 'n ongeluk was, verwerp.

OFM-nuus se Dane Beisheim berig dat die verrigtinge tydelik verdaag is om 'n datum vir vonnisoplegging vas te stel.
4 Feb 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

NPA spokesperson

NPA spokesperson on the case of the 14 Vanderbijlpark learners who died when their scholar transport taxi collided with a truck will be laid to rest on Saturday (24/1) in the Vaal.
24 Jan 5AM 1 min

Sergeant Kelebogile Morake

Sergeant Kelebogile Morake urging the public to assist in locating a missing teenager in Litchenburg ,Letlhogonolo Daniel Matebele.
22 Jan 7AM 1 min