Agt munisipaliteite in Mpumalanga begin Aarto implementeer

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê agt munisipale gebiede in die provinsie het begin met die implementering van die Aarto-wetgewing. Die Stad Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Steve Tshwete, Emalahleni, Thembisile Hani, Govan Mbeki en Lekwa is onder 62 munisipaliteite wat landwyd vir fase twee van die uitrol geïdentifiseer is. Met die implementering sal boetes aan motoriste slegs ingevolge Aarto uitgereik word. Volgens die departement sal bestuurders wat boetes nie binne die voorgeskrewe tydperk betaal nie, nie toegelaat word om bestuurderslisensies, motorlisensies, of enige nuwe voertuie te registreer nie.
18 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Groot Vyf in Konsert in die Kruger

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart 'n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring.
22 Sep 14 min

Pumas kyk vorentoe na Curriebeker-hartbreek

Die Pumas het weer die eindronde van die Curriebeker gehaal vanjaar, en hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en wat hulle vir 2027 in die mou voer.
22 Sep 10 min

Finale stemmery open vir Skryf'it-kompetisie

Coenie Naudé het jou stem 'n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie "Geraas" in die FAK Skryf'it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. SMS AD1 + jou naam na 45730 en besoek skryfit.co.za.
18 Sep 10 min