Episode 9: Lydia Winchester

Loading player...
Lydia Winchester kan nie sing of ’n instrument bespeel nie, maar het een van die skerpste ore in die Afrikaanse musiekbedryf.

As promotor, het sy ’n beduidende rol gespeel in die loopbane van huishoudelike name soos Gé Korsten, Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, André Schwartz, Lance James en die grapjas Bill Flynn, en was sy selfs skakelbeampte vir die Reggae-legende Eddy Grant.

Winchester se loopbaan in die musiekbedryf het bykans 40 jaar gelede posgevat, toe sy deur die platevervaardiger Boet Pretorius aangestel was as skakelbeampte van die Decibel-platemaatskappy.

Hierdie dinamiese vrou is reeds met talle toekennings vereer, onder andere ’n Ghoema vir lewensbydrae, en haar motto is eenvoudig: Die lewe is ’n lied, en môre lyk dit anders…
8 Jul 2022 English South Africa Society & Culture · Performing Arts

Other recent episodes

Episode 1: David Kramer

Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare behaal het met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert’, kan David Kramer tereg beskou word as ’n baanbreker van alternatiewe Afrikaanse liriek. Ironies genoeg, het Kramer op universiteit, gedurende die apartheidsjare, Afrikaans ook afgemaak as taal van die onderdrukker, totdat hy mettertyd…
25 Feb 2022 1 hr 44 min

Episode 5: Anton Goosen

Anton Goosen staan nie verniet as ‘Liedjieboer’ bekend nie. Hy het letterlik as kind op ’n kleinhoewe begin musiekmaak, waar die plaashulp, Jantjie (Lui dit ’n klokkie?), hom geleer melk, rook en kitaarspeel het! ’n Meer plat op die aarde mens is daar nie, maar Goosen se musiek is allermins…
29 Apr 2022 1 hr 28 min

Episode 3: Jannie du Toit

Ek wens dat jy jou liedjie vir ons kon sing… Wel, Jannie du Toit het, vir Nostalgooi, presies dit gedoen. Hierdie gevierde sanger en liedjieskrywer, en pionier van die Musiek-en-Liriekbeweging, gee ook vir ons ’n blik op sy legendariese loopbaan van 50 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Vir hom staan…
1 Apr 2022 1 hr 36 min

Episode 2: Deon Meyer

Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale…
18 Mar 2022 1 hr 16 min

Episode 8: Gert van Tonder

‘Daar’s niks soos ware liefde…’ Dit was Groep Twee se wegholtreffer in die sewentigerjare. Gert van Tonder het nog daardie ware liefde vir musiek. Op ’n hupse 81 jaar sing hy steeds en is hy versot daarop om nog soveel genot aan mense te verskaf. As ’n jongman, het Van…
24 Jun 2022 1 hr 19 min