Pumas skuif op na tweede na hulle Bulldogs looi

Loading player...
Die verdedigende SA Beker-kampioen, die Airlink Pumas, het hul sterk vertoning die naweek voortgesit met 'n klinkende 94-5 oorwinning – hul vierde van die seisoen – oor die Border Bulldogs by die Sisa Dukashe-stadion Saterdag. Die naweek se uitslae hou Griekwas bo-aan die punteleer met 25 punte na vyf oorwinnings. Hulle word gevolg deur die Pumas wat met 22 punte opskuif bo die SWD Arende weens ‘n beter punteverskil. Die Pumas is Vrydagaand weer tuis in aksie in die SA Beker wanneer hulle die Luiperd verwelkom. Jimmy Stonehouse kuier in die ateljee.
14 Apr Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Veiligheid gedurende skoolvakansie

Die skoolvakansie is om die draai en baie kinders gaan gedurende die dag sonder volwasse toesig by die huis wees of by vriende kuier. Callum MacPherson gesels met Laeveld Brunch oor veiligheidskwessies wat ouers vooraf met hul kinders moet bespreek.
26 Nov 11 min

Londen wink vir passievolle plaaslike dansers

Twee passievolle plaaslike dansers, Eva Joannou (18) en Tenei Stander (17) is op pad om in Maart aan die Move It Dance Convention in Londen te gaan deelneem. Hulle deel hul liefde vir die uitvoerende kunste met die Middag Gam Drive.
26 Nov 9 min

Help Luca om na 'n meer onafhanklike toekoms te stap

Die vierjarige Luca Naidu is sowat twee jaar gelede met periventrikulêre leukomalasie (PVL) gediagnoseer. Weens dit het Luca spastiese diplegie ontwikkel – 'n vorm van serebrale gestremdheid. Sy ma, Nikita Naidu, vertel meer oor die mediese behandeling wat hy benodig.
25 Nov 5 min

Inspirasie vir ander hul groot droom

Hulle koester groot drome en planne om 'n verskil in ander se lewens te maak tydens hul termyn as onderskeidelik Mev. Mpumalanga Ambassador en Charity, sê Louise Liebenberg en Claudette Erasmus.
23 Nov 9 min