Episode 58 | Oor ‘getuienis’ agter die stuurwiel + ’n gebedsgids vir Paastyd

Loading player...
In die kerk hoor ons baie oor wat dit beteken om oor jou geloof te getuig, maar wat van geloof op die pad? Met Paasnaweek om die draai, een van die besigste tye op ons paaie, fokus ons in hierdie Kollig-episode op wat agter die stuurwiel gebeur.

Sielkundige Erich Schoeman verduidelik van die oorsake van padwoede en deel wenke vir hoe om stresvolle situasies op die pad anders te hanteer. Ons gesels ook met dr Nioma Venter oor Op weg met Jesus, ’n nuwe gebedsgids saamgestel deur die Algemene Taakspan Evangelisasie spesifiek met die oog op Paasfees. Sy verduidelik waar die idee vandaan gekom het en hoe dit gebruik kan word om gefokus te bid (vir meer klik op die webskakel).
Chapters
  • 01:46 Nioma oor elkeen se roeping om te getuig
  • 02:30 Oor 'n 'kultuur van aggressie op die pad'
  • 05:52 Deelname aan die kompetisie op pad of nie
  • 07:25 Genade met ander padgebruikers
  • 14:00 Kopskuif as dissipels
  • 19:47 Vyf wenke
  • 22:34 Gebedsgids vir Paasnaweek
1 Apr Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van…
4 Mar 10 min