JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg?

Loading player...
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon.
Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste wedstryd in die Sesnasies-reeks, en die Blitsbokke se sukses in New York. 
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel.
18 Mar Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min