
Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld
Loading player...
SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is. Die noorde van die park bly ontoeganklik. Die noorde is erger geaffekteer as tydens die vloede van 2000, sê Rey Thakhuli van die wildtuin.

