Hof open deur vir wettige internasionale handel in renosterhoring

Loading player...
Die Hooggeregshof in Kimberley het in ‘n waterskedingsuitspraak die deur geopen vir die wettige internasionale handel in renosterhoring. Die regter het gelas die toepaslike owerheid moet permitte vir internasionale handel in renosterhoring uitreik as hy tevrede is dat die horings kom van witrenosters wat in aanhouding vir bewaring geteel is.
Wicus Diedericks, die eienaar van Rockwood-renosterreservaat was die applikant in die saak. Hy noem dit 'n oorwinning vir renosters, bewaring en gemeenskappe omdat dit sal help om die spesie te red, bewaring te finansier en gemeenskappe op te hef.
6 Nov 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Finale stemmery open vir Skryf'it-kompetisie

Coenie Naudé het jou stem 'n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie "Geraas" in die FAK Skryf'it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. SMS AD1 + jou naam na 45730 en besoek skryfit.co.za.
18 Sep 10 min

Lentegroentetuin

Elzabé de Bruyn gesels met Saterdag Ontbyt oor jou lentegroentetuin.
15 Sep 18 min

Dameskring omarm Afrikaans

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".
14 Sep 8 min