Laeveld-atlete op pad na moderne vyfkamp-wêreldkampioenskap

Loading player...
'n Totaal van 35 atlete van Mpumalanga het vanjaar gekwalifiseer om aan die Biathle Triathle Laser Run Wêreldkampioenskappe deel te gaan neem. Dit word in Desember in Mosselbaai aangebied. Jean Eksteen (o/15), Jessica Matthysen (o/17), Lara Janse van Rensburg (o/17) en Hannah Morgado (o/13) kuier in die ateljee.
21 Oct 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Chris Coetzer bring aansporingskonserte na Laeveld

Die sanger Chris Coetzer tree Saterdag 28 Maart by die Henk van Rooyen-vlooimark in Marloth Park op. Kom geniet dit saam tussen 11:00 en 12:00 en besoek die meer as 80 stalletjies. Die bloedbank sal ook die dag daar wees. Hy tree ook by die NG Kerk in Malalane op.
20 Mar 7 min