Leeus reis na Mbombela vir Pumas-kragmeting Saterdag

Loading player...
Die Airlink Pumas het die Bulle Saterdag met 41-7 by Loftus verstom in die Carling Curriebeker. Die Griekwas het ‘n 47-17 oorwinning behaal oor die WP in Kimberley. In Durban het die Cheetahs die Haaie in ‘n gespanne stryd met 7-5 geklop. Die Boland Kavaliers het die naweek gister afgesluit deur die Leeus met 29-10 in Wellington te klop. Die Pumas is nou boaan die punteleer. M.J. Mentz, die agterlyn-afrigter van die Pumas, vertel vir Sonop Ontbyt hulle is slaggereed vir die Leeus Saterdag by Nelspruit-rugbyklub. Die afskop is om 14:00.
13 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

16 Desember is Geloftefees

Op 16 Desember onthou mense die Gelofte van 1838. Hendrik Briel reël Witrivier se Geloftefees. Dolf Botha is van die Badfontein Geloftefees. Hulle gesels met Laeveld Brunch.
4 Dec 30 min

Red Kaapsehoop se wildeperde

Carli Scheepers van die Kaapsehoop Conservancy sê van die 36 wildeperde wat oor is, kan hulle tans slegs 30 se gesondheid bevestig. Sy deel dié organisasie se planne oor hoe om die wildeperd-bevolking te red.
3 Dec 14 min

Bly veilig die feestyd

Voertuigkapings en inbrake is skerp aan die toeneem in die Laeveld. Frank Swanepoel van FSP Sekuriteit gesels met Sonop Ontbyt oor Feestyd-veiligheid.
3 Dec 13 min