Barberton betoog teen besluit oor afstigting van Mbombela

Loading player...
Betogings lê dienste in Barberton lam na inwoners begin protesteer het oor die feit dat daar besluit is om die dorp deel van Mbombela-munisipaliteit te hou. Verlede jaar het die munisipale afbekeningsraad aangedui hulle oorweeg dit om Barberton weer sy eie munisipaliteit, Umjindi, te gee, soos voor hulle in 2016 saam met Mbombela moes smelt. Daar is onlangs besluit dat dit nie sal gebeur nie. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê sommige inwoners blameer die amalgamasie vir hul dienslewerings-probleme en demonstreer nou hul ontevredenheid deur munisipale werkers daarvan te weerhou om te werk. Die DA doen ‘n beroep op die burgemeerster, Sibongile Makushe-Mazibuko, om in te gryp en ‘n oplossing te soek.
12 Aug 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Sterk El Niño kom: Lefpa gesels oor brandgevaar

Vanjaar se El Niño-weerverskynsel sal moontlik die sterkste ooit wees. Dit lei tot droë en uiters warm weer wat die brandgevaar tot die uiterste verhoog. André Scheepers vertel vir Laeveld Brunch hoe lyk die situasie tans in die Laeveld.
4 Sep 14 min

Twee vasgetrek tydens pro-aktiewe operasie

Securicon het tydens een van hul gereelde pro-aktiewe operasies die week twee verdagtes in hegtenis geneem met vermoedelike verdowingsmiddels en gevaarlike wapens in hul besit.
3 Sep 15 min

Nelspruit tenniskampioene op pad na Sun City

Mias Bezuidenhout en Wernich Rossouw is van die spanlede van Nelspruit Tennisklub wat onlangs as provinsiale kampioene gekroon is en nou op pad is na die American Express National Club Championships Finals in Sun City.
3 Sep 10 min