Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Loading player...
Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA?

In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson asook Oos-Kaapse kerkleier, ds Danie Mouton, wat ook by interessante inisiatiewe betrokke is wat versoening en samewerking oor ras- en kerkgrense bevorder.

Ons kyk na hoe ons praat oor die mense wat wel vlugtelingstatus ontvang sowel as die uitdagings wat dit skep vir gesprekke plaaslik. Soos Kerkbode se oud-redakteur noem, “aan die een kant het ons te doen met mense wat keuses gemaak het en wie se toekoms onseker is met wie Jesus ons leer om deernis te hê … aan die ander kant is daar ’n politieke spel waarin daar ’n klomp leuens vertel word en hierdie mense is daarin vasgevang”.

Een van die vrae is of ons as burgers van die land nie almal op ’n manier slagoffers is nie?

En ons hoor van die hoop wat stories vanuit die kerk kan bied wat vertel van koalisies wat gebou word en regkry om mense bymekaar te bring en saam hulle omgewing te verander.
21 May Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min

Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman

"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke. Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan…
10 Jul 20 min

Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’

Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer…
18 Jun 11 min