SA Beker: Boland Kavaliers in halfeind teen Pumas die naweek

Loading player...
Die Boland Kavaliers het Saterdag 'n bonuspunt-oorwinning van 36-22 oor die Oostelike Provinsie behaal om die vierde plek op die SA Beker-punteleer te verseker, wat vir hulle 'n plek bespreek in die Curriebeker se Premier-afdeling. Die Griekwas het 'n opwindende 31-29 sege oor die Cheetahs beklink en die onoorwonne Airlink Pumas het die Griffons se kwalifikasiepoging met 'n 48-7 oorwinning gestop. Die Kavaliers reis nou na Nelspruit vir hul halfeindronde teen die Pumas, wat bo-aan die punteleer pronk. Die Griekwas, in tweede posisie, speel tuis teen die Cheetahs in die ander semifinaal.
13 May Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

16 Desember is Geloftefees

Op 16 Desember onthou mense die Gelofte van 1838. Hendrik Briel reël Witrivier se Geloftefees. Dolf Botha is van die Badfontein Geloftefees. Hulle gesels met Laeveld Brunch.
4 Dec 30 min

Red Kaapsehoop se wildeperde

Carli Scheepers van die Kaapsehoop Conservancy sê van die 36 wildeperde wat oor is, kan hulle tans slegs 30 se gesondheid bevestig. Sy deel dié organisasie se planne oor hoe om die wildeperd-bevolking te red.
3 Dec 14 min

Bly veilig die feestyd

Voertuigkapings en inbrake is skerp aan die toeneem in die Laeveld. Frank Swanepoel van FSP Sekuriteit gesels met Sonop Ontbyt oor Feestyd-veiligheid.
3 Dec 13 min