123 aasvoëls vrek in massavergiftiging in wildtuin

Loading player...
123 aasvoëls is Dinsdag dood aangetref in 'n afgeleë deel van die Krugerwildtuin.
Hulle het vermoedelik aan ’n vergiftigde olifantkarkas gevreet wat waarskynlik deur stropers met landbouchemikalieë behandel is om die liggaamsdele van die voëls vir die onwettige wildhandelbedryf te bekom.
89 voëls is lewend gevind, en van hulle kon slegs vyf nie gered word nie.
Ike Phaahla vertel meer oor dié spanpoging van SANParke, die Trust vir Bedreigde Wildlewe (EWT) en verskeie veeartse en rehabilitasiesentrums.

Die witrugaasvoëls, kransaasvoëls en swartaasvoël wat gevrek het, is almal bedreig of kritiek bedreigde spesies.
Ike Phaahla, ‘n woordvoerder van SANParke, praat met 100.5FM.
9 May 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

N4-konstruksie: Dis hoekom

Daar is tans baie konstruksiewerk en rehabilitasieprojekte op die N4 aan die gang. Solange Soares van TRAC gee 'n opdatering van wat aangaan. 
9 Oct 10 min

Penryn bied aan The Things We Carry

Penryn College nooi Laevelders om die ervarings van jong kunstenaars te beleef met "The Things We Carry"-kunsuitstalling. Michelle Booysen, die kunshoof, gesels met Sonop Ontbyt oor die uitstalling wat vir die volgende maand oop is vir die publiek. 
7 Oct 9 min