Episode 29 | 'Jy moes 'n testament opstel ... op ouderdom 18' - Bun Booyens oor diensplig en die uitwerking van 'n gebre

--:--
"Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek," sê Bun Booyens in 'n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn. 
Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden. 

Só klink van die temas: 

INKLAAR – My ma was banger as ek 

’N KAPELAAN ONTHOU – Genade tussen die ongenade 

PT – Julle wil mos nie saamwerk nie 

LANDMYN – Die duiwel se niggie 

HOM ONTHOU EK – ’n Bruin soldaat in ’n wit basis 

SOLDATETAAL – Woorde, frases en afkortings 

STERFTES – 23 jaar, 6 maande, 3 weke en 2 dae

Bronne verskil oor hoeveel mense in die Grensoorlog gesterf het, verduidelik Booyens. Die SA Militêre Veterane-organisasie Internasionaal bereken die sterftesyfer vir die tydperk 26 Augustus 1966 tot 21 Maart 1990 as volg:

Totale aantal sterfgevalle 2 573. Sowat 30% sneuwel in aktiewe diens terwyl ander oorsake goed soos vliegongelukke en vernaam motorongelukke insluit. 

"Ek dink wat mense se geloofsbelewenis verander het in die weermag, was die tyd toe jou lewe veronderstel was om in alle rigtings oop te vou en te navigeer volgens jou eie keuses, was jy daar in 'n situasie waar jy na die dood moes kyk. Jy moes 'n testament opstel op ouderdom 18 ... En jy het 'n dog tag gehad om jou nek: Nommer, rang, naam, bloedgroep. En kerkverband."
15 Sep Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 28 | ‘Ek ervaar God in die natuur’

So sê langafstandatleet ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg in Ceres. Ek gesels met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Kliek, luister en…
8 Sep 9 min

Episode 26 | Jaco Strydom - Stories, nagstukkies en doegongs

Hy is al lankal gefassineer deur die doegong, ’n rare en misterieuse seedier van die Ooskus van Afrika. So vertel predikant en skrywer Jaco Strydom wat pas sy eerste storieboek, Daka, gepubliseer het. Hy het hierdie soogdier, wat verbind word met die legendes oor meerminne, ingebring as ’n mistieke element…
23 Aug 26 min

Episode 25 | Dís hoekom die kerkargief jou storie soek

Die NG Kerkargief op Stellenbosch is die grootste van sy soort bergplek vir die argivalia van die land se grootste en oudste Afrikaanse kerk. Argiefbestuurder dr Andrew Kok en sy span het in die afgelope sewe jaar ook geslaag om van hierdie instansie ’n publikasiehuis te maak. Die argief se…
14 Aug 10 min

Episode 24 | Oor roeping, seerkry en genade | DJ en Nadia Muller

Die een het sy roeping gehoor onder ’n boom in Mosambiek. Die ander hare tydens ’n erediens in ’n kerkgebou. Na ’n paar interessante ompaaie het ds Nadia Muller haar man, DJ, onlangs as tentmakerleraar bevestig – boonop by die einste gemeente waar sy leraar is. DJ werk ook as…
11 Aug 23 min