Episode 29 | 'Jy moes 'n testament opstel ... op ouderdom 18' - Bun Booyens oor diensplig

Loading player...
"Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek," sê Bun Booyens in 'n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn. 
Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden. 

Só klink van die temas: 

INKLAAR – My ma was banger as ek 

’N KAPELAAN ONTHOU – Genade tussen die ongenade 

PT – Julle wil mos nie saamwerk nie 

LANDMYN – Die duiwel se niggie 

HOM ONTHOU EK – ’n Bruin soldaat in ’n wit basis 

SOLDATETAAL – Woorde, frases en afkortings 

STERFTES – 23 jaar, 6 maande, 3 weke en 2 dae

Bronne verskil oor hoeveel mense in die Grensoorlog gesterf het, verduidelik Booyens. Die SA Militêre Veterane-organisasie Internasionaal bereken die sterftesyfer vir die tydperk 26 Augustus 1966 tot 21 Maart 1990 as volg:

Totale aantal sterfgevalle 2 573. Sowat 30% sneuwel in aktiewe diens terwyl ander oorsake goed soos vliegongelukke en vernaam motorongelukke insluit. 

"Ek dink wat mense se geloofsbelewenis verander het in die weermag, was die tyd toe jou lewe veronderstel was om in alle rigtings oop te vou en te navigeer volgens jou eie keuses, was jy daar in 'n situasie waar jy na die dood moes kyk. Jy moes 'n testament opstel op ouderdom 18 ... En jy het 'n dog tag gehad om jou nek: Nommer, rang, naam, bloedgroep. En kerkverband."
15 Sep 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig Episode 57 | Hoe praat ons oor Christelike geloofstyle? - Nico Simpson

Die ideale gemeente is een waar gebroke mense voel hulle kan behoort. Só vertel dr Nico Simpson, uitvoerende hoof van Bybel-Media. In hierdie gesprek vir Kerkbode Kollig vertel hy meer oor wat ’n vraelys oor geloofstyle vir hom duidelik gemaak het oor wat lidmate in ’n gemeente soek. Ook wat…
13 Mar 25 min

Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van…
4 Mar 10 min