Pumas slaggereed vir Griekwas die naweek

Loading player...
'n Vasberade Airlink Pumas het vyf keer onder die pale gaan kuier om die Haaie Vrydagaand in Durban met 31-21 te klop. Hierdie naweek speel hulle tuis teen Griekwas. Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg vertel dat sportklere vir skoolspanne op die spel is vir die plaaslike skool wat die meeste ondersteuners na hul volgende vier tuiswedstryde stuur.
23 Jul 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

AfriForum veg voort teen mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het…
12 Jun 11 min

Vir verandering, dóén iets anders

Susan Coetzer is hoofsaaklik 'n skrywer, hoewel sy ook verskeie ander kreatiewe hoede dra. Sy gesels met Kies Koers oor hoe sy haar lewe benader om ook die mense rondom haar te kan inspireer.
11 Jun 23 min

Byeterapie: Chroniese gesondheid is moontlik

Bye word al eeue lank ingespan vir alternatiewe en holistiese genesing. Die naweek vind 'n simposium oor byeterapie in Mbombela plaas by Bardolino. Die plaaslike byeboer, Inge Austin, vertel wat dié eeue oue praktyk behels.
10 Jun 17 min

Lefpa verwag bedrywige brandseisoen

Die Laeveld se brandseisoen het amptelik begin. Tot 31 Oktober is die brandgevaar hoog. André Scheepers van Lefpa sê hulle verwag 'n bedrywige brandseisoen.
9 Jun 12 min