Episode 19: Oor balans vind met kinders se skermtyd en ‘n nuwe storiekanaal

--:--
Kenners waarsku al meer dat skermtyd bestuur moet word met jong kinders. Dog mens kan vra of in ons skermgedrewe samelewing ’n mate van skermblootstelling nie onvermydelik geword het nie en in sulke gevalle, wat kan kinders kyk?
Met juis hierdie vrae ingedagte het Maryke Hansen, ’n jong ma van twee begin droom oor ’n kanaal ‘met inhoud in Afrikaans met sterk Bybelse waardes waarna kinders, wanneer hulle dan nou wel skermtyd inkry, kan kyk’. Maar om tyd te kry in haar besige lewe om dit te laat realiseer verg toe blykbaar ’n “geforseerde rustyd”.
Sy is die inhoudsvervaardiger van LiG en Bybel-Media se nuwe gratis Afrikaanse YouTube-kanaal, Ligland – Leef met lig, lag en liefde. Hulle eerste reeks van 12 animasie-Bybelverhale gerig op 0-3 jariges is pas bekendgestel. Sy vertel in hierdie podsending meer oor haar eie geloofstorie agter die skep van hierdie nuwe kinderstoriekanaal wat insluit ’n pynlike episode met ’n knie-operasie. Sy deel ook meer oor wat vir haar as oud-onderwyseres belangrik was in die skep van inhoud saam met ander kundiges soos predikante en onderwysers vir hierdie kanaal.

Kliek hier om na die Ligland-kanaal te kyk: https://www.youtube.com/@ligland
23 Jun Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 28 | ‘Ek ervaar God in die natuur’

So sê langafstandatleet ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg in Ceres. Ek gesels met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Kliek, luister en…
8 Sep 9 min

Episode 26 | Jaco Strydom - Stories, nagstukkies en doegongs

Hy is al lankal gefassineer deur die doegong, ’n rare en misterieuse seedier van die Ooskus van Afrika. So vertel predikant en skrywer Jaco Strydom wat pas sy eerste storieboek, Daka, gepubliseer het. Hy het hierdie soogdier, wat verbind word met die legendes oor meerminne, ingebring as ’n mistieke element…
23 Aug 26 min

Episode 25 | Dís hoekom die kerkargief jou storie soek

Die NG Kerkargief op Stellenbosch is die grootste van sy soort bergplek vir die argivalia van die land se grootste en oudste Afrikaanse kerk. Argiefbestuurder dr Andrew Kok en sy span het in die afgelope sewe jaar ook geslaag om van hierdie instansie ’n publikasiehuis te maak. Die argief se…
14 Aug 10 min

Episode 24 | Oor roeping, seerkry en genade | DJ en Nadia Muller

Die een het sy roeping gehoor onder ’n boom in Mosambiek. Die ander hare tydens ’n erediens in ’n kerkgebou. Na ’n paar interessante ompaaie het ds Nadia Muller haar man, DJ, onlangs as tentmakerleraar bevestig – boonop by die einste gemeente waar sy leraar is. DJ werk ook as…
11 Aug 23 min