Episode 15: ‘Ek wil dieselfde liefde in hierdie tieners belê as in ons seun wat op 21 dood is’

Loading player...
Elaine Pienaar en haar predikantman het ’n seun verloor op 21. Sy vertel sy voel die Here gee vir haar, deur haar werk as maatskaplike werker by die Christelike organisasie, Wildernis Therapy Namibia, ’n kans om dieselfde liefde en omgee te belê in hierdie tieners as in haar seun.

Sy het gevoel haar lewe het ’n pragtige vol sirkel geloop toe sy vanjaar as ervare maatskaplike werker kon inskakel by hierdie alternatiewe terapie- en mentorprogram wat vanuit die NG Kerk in Namibië ontstaan het met die doel om jongmense op avontuurstaptogte te vat en daarna deur mentorskapprogramme by hulle betrokke te bly.

Tydens Kerkbode se onlangse storietoer het ons die span ontmoet wat ons meer vertel het van wat hulle doen. Tussendeur het Elaine haar mooi storie gedeel. 
26 May 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min