Episode 11: 'n Verhaal van omkeer uit die Paarl

--:--
Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ‘n drama-en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ‘n NGO wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ‘n veilige tuiste bied vir voorskoolse klasse en ‘n naskool.

Luister ook na die volledige onderhoud met Aletia Grundling op Klank Kompas: Ek en my mense.

Die verhaal van hierdie drama- en skryfskool en die heling wat dit binne hierdie arm gemeenskap in Paarl-Oos gebring het is ook vervat as een van 12 gevallestudies in ‘n nuwe boek, Caribuntu: Social innovation in South Africa waarvan die sosiale innovasie-navorser, prof Erwin Schwella, die redakteur is.
28 Apr Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 12: Twee skrywervriende gesels oor nuwe boeke in Pinkstertyd

Donderdag 9 Mei is Hemelvaart. Nou in verkiesingstyd in ons land wonder Cas Wepener hoeveel vernuwingswerk die Gees van God by hom kan bring as hy bereid is om te luister eerder as kla. So vertel hierdie Stellenbosse professor vir sy jarelange vriend, emeritus-prof Chris van der Merwe. Dié twee…
5 May 26 min

Episode 10: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan?

Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep? Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende…
21 Apr 23 min

Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra

Kollig Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra Kollig reis vandeesweek binneland toe. Karoo toe. DJ Muller van Kaapkerk se kommunikasiespan is saam. Hier op Victoria-Wes kry ons twee stories wat iets vertel van hoe geloof lyk wat hande en voete kry. Die Red n Plaas naam is welbekend. Vanjaar se…
14 Apr 13 min

Episode 8: #imagine en Pelgrimstog van Hoop se staproetes bied mense hoop

Tien jaar. Dit is hoe lank die #imagine-jeugkampe sowel as die Pelgrimstog van Hoop aan die gang is - altwee buitelugervarings wat vanuit die kerk ontstaan het. Tussen die meer as 2000 tieners uit sowat 212 dorpe van regoor die land en selfs uit Namibie, wat vanjaar se #imagine-kampe bygewoon…
7 Apr 30 min

Episode 7: Twee vertel hoe Jesus se lyding hulle dieper geraak het

Emeritus-prof Pieter Carstens van Pretoria wou in Februarie 2019 weens ’n terminale kankerdiagnose sy lewe waardig afeindig. Hy wou dit doen met bystanddood by die Dignitas-kliniek in Switserland soos wat Carol de Swardt van George (ook gediagnoseer met aggressiewe velkanker) vroeër vanjaar gedoen het. Toe gebeur in sy woorde “net…
31 Mar 37 min