Episode 7: Twee vertel hoe Jesus se lyding hulle dieper geraak het

Loading player...
Emeritus-prof Pieter Carstens van Pretoria wou in Februarie 2019 weens ’n terminale kankerdiagnose sy lewe waardig afeindig. Hy wou dit doen met bystanddood by die Dignitas-kliniek in Switserland soos wat Carol de Swardt van George (ook gediagnoseer met aggressiewe velkanker) vroeër vanjaar gedoen het.
Toe gebeur in sy woorde “net ’n wonderwerk”. Danksy ‘n toe nog redelik nuwe kankermedikasie is sy gewas op sy kop genees. Nou gebruik hierdie kenner in kriminele en mediese reg sy tweede kans op lewe om te kyk hoe hy vir ander iets goeds kan doen. So gesels hy ook graag oor sy belewenis omdat so baie mense vrae het rondom bystanddood of genadedood.
Carel van der Merwe is 53 en in sy eerste pos as medeleraar by NG Moedergemeente Worcester. Hy het met Le Roux Schoeman van Kerkbode gesels oor sy kronkelpad van mega-melkstal tot op die kansel.
31 Mar 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min