Meer as 2 000 motorfietse ry saam vir kinders

Loading player...
Altesaam 2 616 motorfietsryers het Saterdag 24 Februarie tussen Jeffreysbaai en Stormsrivier 'n wêreldrekord aangedurf vir die meeste motorfietse ooit wat deelneem aan 'n welwillendheidsrit ten bate van siek kinders. Dit was deel van die vyfde jaarlikse Ride for a Child-veldtog om fondse in te samel om mediese sorg aan beheoftige kinders te lewer. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa sê hy is baie trots op al die deelnemers. "So ver ons kon vasstel, moes ons meer as 2 000 motorfietse hê om die rekord te breek, maar dit mag 'n paar weke neem om bevestiging te kry.”
26 Feb 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Raad met vrugtebome

Elzabé de Bruyn het raad oor hoe om hierdie tyd van die jaar jou vrugtebome organies te benader.
11 May 19 min

Donna is a cow for the CHOC Foundation

Donna James is op 'n missie om fondse in te samel vir die CHOC Foundation wat kinders met kanker ondersteun. Sy hardloop ultra-marathons in die buiteland. 150 km in Egipte is reeds agter die blad. Die Great Wall of China-marathon wag op haar volgende week.
8 May 9 min

Dialise-eenheid open by Robs

Rob Ferreira-hospitaal het onlangs amptelik sy dialise-eenheid geopen. Dr. Salah Bashir vertel hoe 'n groot verskil dit in pasiënte se lewens maak.
7 May 6 min