Episode 2: Oor grense na hoop

Loading player...
In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels ons oor die oorsteek van grense. Ds Deon van der Berg van Stella in Noordwes is ondervoorsitter van die Red ‘n Plaas Red ‘n Gemeenskap Rampfondsprojek. Hy vertel meer daaroor asook die verskillende kreatiewe maniere waarop mense die camino-fondsinsameling daarvoor kan ondersteun. Die moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, ds Jan Lubbe, was een van meer as 70 sprekers by ’n onlangse konferensie, Oplossings vir die platteland, wat in die Vrystaat plaasgevind het. Ons luister na ’n uittreksel uit sy spreekbeurt.
Peet Botma is ’n avonturier en lief vir die see. Hy het onlangs die harte van ’n groepie Kaapse kinders (almal uit moeilike omstandighede) baie bly gemaak toe hy reggekry het om manalleen met ’n roeiboot oor die Atlantiese oseaan te roei. Jaco Strydom het vir Kerkbode met hom gesels oor sy deelname aan een van die wêreld se mees uitdagendste wedvaarte, The Worlds Toughest Row.
24 Feb 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min