Cronjé van der Merwe boer al verskeie jare seisoenaal in die VSA. Hy het al allerlei werke verrig, en in vier state gewerk. Hy vertel vir Sonop Ontbyt dit is hárde werk.
Die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister het sy eerste geskikte pasmaat-stamsel gevind deur Matches on the Map. Bradley Peters van die Oos-Kaap was geskik vir 'n pasiënt in Suid-Amerika nadat hy verlede jaar by die veldtog aangesluit het. Robin Lewis en sy vrou Yolandi is oorspronklik van die Laeveld her reis tans as…
Die SPAR Little Munchkins Baby Expo Saterdag gaan ouers met kennis toerus, maar daar is ook hope pret - en 'n verskeidenheid kompetisies met fantastiese pryse. Bella Mogane gesels saam met Gladys Mndawe, die stigter van die #GBVisReal-veldtog wat die dag die gasspreker is, met die Middag Game Drive.
Laeveldse tieners met selfs net 'n verbygaande belangstelling in lugvaart het 'n gulde geleentheid om op 9 Mei blootgestel te word aan dié opwindende bedryf. Phillip Lewis, Alec Groenewald, Khanya Khoza en Divan Ferreira vertel 100.5FM meer.
Die Pumas het drie groot wedstryde wat wag in die SA Beker. Kaptein, Clinton Swart, en onderkaptein, Ruwald van der Merwe, praat voorbereiding met Sonop Ontbyt voor hul kragmeting met die Griekwas Vrydagaand by Mbombela-stadion.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.